Wat benodig ons TANS

Hier by Jakaranda Sorg Sentrum is daar sekere ietems wat meeste van die tyd te kort is:

Vleis Ietems

Ons het ‘n donateur wat vleis skenk, maar soms is hulle nie in staat om baie of gereeld te skenk nie, daarom kyk en probeer ons eerder om weekliks vars skenkings van vleis te probeer inkry.

Rys en Pasta’s

Waarom ons spesifiek vra vir pasta, rys en samp is omdat ons reeds op ‘n gereelde basis papmeel ontvang. Ons ontvang nie gereeld Rys, Samp en Pasta nie, dit word opreg waardeer indien ons dit meer gereeld sal kan ontvang.

Persoonlike Ietems

Ons benodig maandeliks higeheniese ietems vir die mense wat behels – Onder arm rol, badseep, Spuitgoed (dames), tande paste, tande borsels, Shampoo en Conditioner (dames).