Tekorte

Hier by Jakaranda Sorg Sentrum verskaf ons 3 maaltye aan die inwoners. Ontbyt, Middag Ete en Aand Ete.

Ons probeer om daagliks Stysel,Groente en Vleis by die aand etes in te sluit. Sodat die inwoners ten minste 1 gesonde maaltyd per dag kan in neem.

Ontbyt bestaan meestal uit Mieliepap / Mabele Pap / Oats, afhangend van wat daagliks beskikbaar is om te gebruik.

Middag Etes bestaan meestal uit toebroodjies, die smeer is afhangend van wat beskikbaar is daagliks.  Soms bied ons soya mins saam met die toebroodjies.

Om u ‘n idee te gee van hoeveel ons gebruik om ons etes voor te berei:

  • Vleis             – Minstens 4kg Kookvleis of Hoender per maaltyd
  • Sout              – 500g per dag
  • Mielie Meel  – 5kg per maaltyd.
  • Rys/Samp    – 3kg per maaltyd.
  • Aardappels       – 5kg per maaltyd.
  • Pampoen        – 10kg per maaltyd
  • Wortels      – 8kg per maaltyd
  • Groen Bone – 10kg per maaltyd
  • Tee                – 100 pakkies van 26’s.
  • Koffie            –   250g per persoon.
  • Suiker            –  500g per persoon.
  • Eiers       – 200 Eiers per maaltyd (Om tenminste 2 per persoon voor te sit)
  • Brood         – 6 loaves per maaltyd
  • Botter         – 1 kg per maaltyd
  • Blikkies Kos        – 50 Blikkies per Ete (1 Blikkie per 2 mense)
  • Plastiek Botteltjies (200ml’s) – Om vir ons mense Sjampoo te kan verpak en uit gee.
  • Plastiek Houers   –  Om Melk Poeier, Suiker , Koffie of Tee te kan verpak en uitgee.

Voedsel Pakkies

Indien u belangstel om voedsel pakkies te maak wat nie na die sentrale kombuis toe moet gaan nie, maar persoonlik wil oorhandig aan elke inwoner is daar sekere vereistes wat ons verkies waaraan die pakkies moet voldoen byvoorbeeld :

Voedsel Pakkies Per Persoon: 1 x 250g Koffie , 1 x  500g Suiker, 1 x 500g Poeier melk, 1 x 26’s sakkie tee, enige soet of sout happies.  Kerse is ongelukkig verbode omdat ons brandstigting wil voorkom.

Hiegeheniese Pakkies:  1 Tande Paste, 1 tandeborsel, 1 Arm Rol, 1 Seep koekie, 1 waslap/sponsie, 1 shampoo, 1 conditioner, 1 arm spuitgoed.

U kan ons gerus kontak indien u wil pakkies opmaak vir die inwoners sodat ons vir u die korrekte inwoner syfers kan deurgee, en indien daar enige vrae is rakende dit wat u graag in die pakkies wil insluit.